Alle besoekers aan die Worcester-biblioteek word versoek om asseblief boeke en ander biblioteekmateriaal wat uitgeneem is, terug te neem.

Die BVM-munisipaliteit sê indien boeke en ander biblioteekmateriaal teen die grasie-sperdatum van einde Januarie teruggeneem word, sal geen boetes gehef word nie.

Talle ander lesers wag juis vir spesifieke titels wat nou reeds vir baie lank uitgeleen is.

Met SLIMS (SITA Library and Information Management System) wat nou ten volle funksioneer en die beskikbaarheid van Impala of interbiblioteeklenings, word alle biblioteekgebruikers aangemoedig om hul lidmaatskap op te dateer en om ander lede van hul gesin of familie, asook vriende, aan te moedig om by die biblioteek aan te sluit, veral noudat skole heropen het.

Alle biblioteke aanvaar ook nuwe biblioteeklidmaatskap vir die OverDrive Libby-e-boekstelsel.. Kontak die Worcester-biblioteek by 023 348 2773 vir nog inligting of ander navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article