Saalkamers by perdestalle is dikwels die teiken van diefstal regdeur die jaar, maar veral gedurende Oktober en November wanner die Berlin-November en die Bajodini-bos-renne in Desember in die Oos-Kaap plaasvind.
Só sê Keshvi Nair, skakelbeampte van die Nasionale raad van verenigings vir die voorkoming van dieremishandeling.
Ongereguleerde perderenne, ofte wel “bosrenne”, soos dit plaaslik bekend staan, word aan die einde van die jaar oral in die land gehou, maar meestal in die Oos-Kaap, waar bekende renne veral in November en Desember plaasvind, sê Nair.
Wenke om saals veilig te hou, veral gedurende die feestyd, sluit in:. Saalkamers moet beveilig word en gesluit wees.. Kontrakteurs en afleweringspersoneel moet gereguleer en met versigtigheid naby saalkamers toegelaat word.. Sekuriteit moet verskerp word en diefwering, alarmstelsels of veiligheidshekke moet opgerig en gebruik word.. Die publiek word ook aangeraai om diefstal uit saalkamers summier by die polisie aan te meld sodat die plaaslike polisie bewus kan wees van die probleem.. Versekering op saals is ook ’n opsie indien dit bekostigbaar is.. Stoor saals by huise wat nie maklik deur sindikate of boewe geteiken sal word nie.. Addisionele bronne wat vir hierdie berig gekonsulteer is, sluit Daily Maverick in.




