Motoriste sal hul roetes moet aanpas indien hulle die R101 Du Toitkloofpas in die komende twee maande wil ry.

Dié pad is tot 1 November gesluit vir verkeer vanaf 5km op die roete tot en met 21,25km.

Toegang sal wel gegee word aan diegene wat se wonings op die pad is.

Volgens die Wes-Kaapse regering word die pad gesluit sodat die padoppervlak oorgedoen kan word asook die die tonnelvloer tussen Paarl en Rawsonville.

In die tydperk wat die pad gesluit is vir verkeer, sal padverbruikers van die N1-snelweg via die Hugenote-tonnel gebruik moet maak. Motoriste word gewaarsku dat die tonnel weens die rede meer verkeer as gewoonlik kan dra, en word aangeraai om hul reistyd daarvolgens te beplan.

Motoriste sal tot 1 November nie die Du Toitskloofpas kan ry nie, maar sal deur die Hugenote-tonnel moet reis.

Daar is ‘n tolhek op hierdie roete met ligte motorvoertuie wat R53 betaal, voertuie met twee asse wat R146 betaal, voertuie met drie tot vier asse betaal R229 en voertuie met vyf en meer asse betaal R371 tolgeld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article