Geleë in die immer gewilde Oude Meule-veiligheidskompleks en ’n kans soos min is hierdie dupleks-meenthuis wat hope gerief en ruimte bied en meer as genoeg private kuier- en onthaalplek het.

Die kamers met gerieflike, ingeboude kaste en een met sy eie en suite, verleen aan die eiendom ’n ontspanne en gemaklike lewenstyl.

Die hoofslaapkamer leef uit op ’n ruim balkon waarvandaan die pragtige berge en sonsondergang elke dag geniet kan word. Die moderne oopplan leef- en kombuisarea leef uit op ’n gerieflike, lae onderhoud-tuin en ruim braai-area waar ontspanne kuiers deel van jou leefstyl kan wees.

Die kombuis bied moderne afwerkings en gerief en ook die twee badkamers is smaakvol en modern afgewerk. Die toesluit-motorhuis het ’n outomatiese deur en gee direkte toegang tot die huis.

Die eiendom is ook ideaal vir ’n toesluit-en-ry-leefstyl.

Kom besigtig hierdie eiendom vandag! Gou speel – dit is binne ’n oogwink weg. Kontak Elmarie by 082 663 5010.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article