Volgens Budget Insurance en SA Home Loans is daar verskeie maniere om geld te spaar voor, gedurende en na die huiskoopproses. Foto: PIXABAY


Die Wes-Kaapse provinsiale regering het al 30 munisipaliteite in die provinsie se begrotings vir die nuwe 2022-’23-boekjaar goedgekeur.

Volgens Mireille Wenger, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, sit munisipaliteite in hul begrotings hul finansiële plan, asook hul beleidsrigting, uiteen. Dit sluit ook in wat munisipaliteite tydens die boekjaar wil bereik en die dienste waaraan hy in die medium termyn voorkeur gee.

Al die munisipaliteite se konsepbegrotings, ontwikkelingsplanne en ruimtelike ontwikkelingsraamwerke is ook deur die provinsiale regering hersien.

Wenger meen dit moet gedoen word om te verseker dat begrotings aan wetlike voorskrifte voldoen.

Die nuwe boekjaar tree oor sowat ’n week – op 1 Julie – in werking.

Met die begrotings wat goedgekeur is, sal inwoners van die Drakenstein dan 6,9% meer vir water, 7,5% meer vir vullisverwydering, 6,9% meer vir riolering en 7,47% meer vir elektrisiteit betaal. . The Western Cape Provincial Government has approved the budgets of all 30 municipalities in the province for the new 2022-’23 financial year.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article