Die Laerskool Worcester-Oos hou môre (8 Maart) weer sy gewilde Beesloop op die skoolterrein.

Dié jaarlikse byeenkoms vind van 12:00 tot 21:00 plaas.

Dit is die 24ste Beesloop waarna Breedevalleiers kan uitsien.

Vanjaar is daar talle stalletjies om van te kies en te keur. Die dag se aktiwiteite sluit in ’n pret-area vir die jongspan, ’n lafenistent vir die ouer garde en dan ook ’n buitelug-fliek.

Kaartjies is beskikbaar by die skool vanaf 13:00 teen R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.

Lootjies vir die Beesloop, waarin R15 000 gewen kan word, is beskikbaar teen R15 elk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article