Worcester se Ballers-tafeltennisklub het onlangs besonder goed gevaar in die eindronde van die skole- tafeltenniskompetisie.Bo is die meisies- o.19-tafeltenniswenners. Van links is Chloe Davids van Worcester Primêre Skool (brons), Raquelle Voster van Esselenpark Primêre Skool (goud), en Mekhaila Naidoo, ook van Esselenpark Primêre Skool (silwer). Ballers-tafeltennisklub oefen by Nuwe Hoop-skool in Worcester op Maandae van 17:30 – 20:00, Woensdae van 17:30 –20:00 (juniors en spelers jonger as 18), en Donderdae van 17:30 – 20:00 (seniors). Indien enigiemand belangstel om tafeltennis op sosiale of kompeterende vlak te speel, kontak gerus vir Jerome Pietersen (voorsitter) by 079 162 1865.


Ballers-tafeltennisklub vaar goed in skolekompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article