Die Ballers-tafeltennisklub van Worcester het Saterdag 22 April ’n skole-tafeltennis-kompetisie by die Nuwe Hoop-sentrum in Worcester aangebied. ’n Groep van 70 spelers het in die ouderdomsgroepe o.11 tot o.19 (seuns en meisies) deelgeneem en altesaam 13 skole het spanne ingeskryf. Dit sluit in Esselenpark Primêre Skool, Esselenpark Sekondêre Skool, die Worcester Oefenskool, Lifestyle Christian Academy, Breedevalley School of Skills, Nuwe Hoop-skool, De La Bat-skool, Wynland Primêre Skool, Worcester Primêre Skool, die Laerskool Worcester-Oos, die Hoër Tegniese Skool (HTS) Drostdy, die Laerskool De Villiers (Robertson) en Naphakade (Malmesbury). Die doel van die kompetisie was om leerders en onderwysers blootstelling aan tafeltennis te gee. Dit is alles deel van die Ballers-tafeltennisklub se inisiatief om tafeltennis as sport in skole te hervestig. Spelers het goeie tafeltennis vir die toeskouers opgedis en die mededinging was straf. Ballers het die verskillende borge en skenkers wat die dag moontlik gemaak het, bedank. Op die foto is Skylar Wentzel (links, met groen klere) in aksie teen Raquelle Vorster. Albei is van Esselenpark Primêre Skool.


Ballers-tafeltennisklub bied skolekompetisie aan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article