Dit word algemeen aanvaar babers is maar onaktief in die koue wintermaande, maar ná ’n rukkie van wag het die Brandvlei-hengelklub heelwat aksie gehad.

Die hengelklub se kompetisie het die afgelope naweek in ’n plaasdam buite Porterville heelwat baardmanne opgelewer, méér as die karpgetalle.

Die karpe wat wel geland het, was in ’n goeie kondisie, met Piet Hugo se grote wat 3,27 kg geweeg het, en Danie Wilmot s’n 2,45 kg.

Jacques van Graan het die A-sone sowel as die meestersafdeling gewen, met Pierre Snyman wat tweede in die meestersafdeling geplaas is.

In die B-sone was dinge baie gelykop met Danie Wilmot (vyf visse met ’n gewig van 9,13 kg) in eerste plek, gevolg deur Johan Coetzee wat die senior-afdeling gewen het, en ook die swaarste baber van 2,68 kg ingeweeg het.

Wilmot was die dag se algehele wenner en ook baas in die veterane- afdeling.

Zak Coetzee het die junior-afdeling gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article