Alberts het Rawsonville United in ’n spanningsvolle drieë-fees 52-46 geklop! Die vriendskaplike wedstryd tussen Alberts en Rawsonville United het Saterdag die toeskouers van meet af aan op die punte van hul sitplekke gehad. Dit was ’n wedstryd gekenmerk deur hardlooprugby uit die boonste rakke. Albei spanne het uitstekende rugby gespeel en baie uit die wedstryd geleer – iets wat hulle kan gebruik om verder te verbeter. Alberts se 2de span het Rawsonville 28-15 geklop. Links is Rowydill Martin (Young Hamiltons se oudkaptein en nuwe aanwins vir Alberts) met die lynstaanbal terwyl Mansur Karriem hom pro­beer keer. Saterdag (22 Februarier) speel Alberts weer teen Raw­son­ville United op Hoffie­park, waar hulle die bordjies wil ver­hang.Foto: Lindzi van Aswegen


Alberts seëvier!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article