Die Alberts-rugbyklub het Saterdag gewys hoekom hy as voorloper in die Streekuitdaag-kompetisie beskou word, toe hy Laingsburg United oortuigend met 73-26 op Bolandpark geklop het.

Alberts het sy teenstanders van die afskop af onder druk geplaas en twee vinnige drieë gedruk om die telling vroeg op 12-0 te plaas. Hierdie vroeë momentum het die pas vir die res van die wedstryd aangegee. Alberts het volle beheer van die wedstryd geneem deur die lynstane sowel as die vastekrums te oorheers.

Laingsburg is nie ‘n kans gegun om enige betekenisvolle aanvalle af te vuur nie, terwyl Alberts aanval op aanval gebou het. Hierdie oorheersende vertoning het op verskeie drieë uitgeloop. Teen rustyd het die telling reeds op 47-19 in Alberts se guns gestaan. Laingsburg het op tye gewys dat hy ‘n goed afgerigte span is, maar op die dag wou niks vir hom regloop nie. Alberts het in die tweede helfte op sy voorsprong voortgebou en die druk volgehou om met ‘n indrukwekkende eindtelling van 73-26 af te sluit.

Alberts se tweede span het ook sy slag met ‘n 37-3-sege gewys.

• Saterdag speel Alberts in sy laaste

eersteronde-liga-verpligting teen De Doorns United op Bolandpark in ‘n sleutelwedstryd om dié ronde af te sluit.

Alberts se eerste span: Drieë: Jadian Buys (2), Philberie Joseph (2), Ruwarno van Staden (2), Jethro Tentenie, Ryno Wessels, Dirkie de Kock, Keanan Neyman, Zane Bailey (1) en Ashwill Syster (almal een drie elk). Doelskoppe: Jadian Buys (vyf doelskoppe en een strafskop).

Alberts se tweede span: Drieë: Carlston Jacobs (2), Canville Arendse, Terence Hess, Sharwin Jason en Jovan Koert almal een drie elk). Doelskoppe: Brandon McPherson (twee, en een strafskop). –

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article