Bianca Venter, Joelene Fredericks, Marqwin Fredricks en Morné le Roux met klein CJ Fredricks (voor) was betrokke by die kompetisie.


AfriForum se Worcester-tak het op 24 September twee kompetisies van stapel gestuur om die gemeenskap by Erfenisdag en die plant van bome betrokke te kry.

Vir die eerste kompetisie het hulle die gemeenskap gevra om onder meer foto’s van tuisgemaakte koeksisters en ou voertuie in te stuur om die nostalgie van hul erfenis weer te gee. Die 10 wenners het elk ’n sak kompos en ’n nartjieboom (Citrus tangerina) ontvang.

Vir die tweede kompetisie is die gemeenskap gevra om ’n foto van hul Braaidag se samesyn en bykosse in te stuur. Hierdie 10 wenners het elk ’n lemoenboom (Citrus aurantium) as prys ontvang.

“Ons is baie dankbaar vir Paul Moller van Wise Gardener, wat die twee kompetisies moontlik gemaak het,” sê Morné le Roux, voorsitter van die Worcester-tak.

“Dit is vir ons as tak belangrik om goeie bande met instansies en ondernemings in die Worcester-omgewing te bou om sodoende ’n goeie en gesonde gemeenskap te bevorder,” sluit Le Roux af.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article