Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) het Martin Absalom, die adjunkhoof van Mooi-Uitsig Primêre Skool, uitgenooi om sy eerste nasionale konferensie in Johannesburg by te woon. Dit het op 20 en 21 April plaasgevind. Daar is hy vir sy harde werk vereer. Vyf opvoeders van elke provinsie is by Saro se gala-geleentheid vereer vir die bydrae wat hulle tot Saro se voortgesette professionele onderwyserontwikkeling-bestuurstelsel gelewer het. Die optekeningsiklus oor drie jaar het gestrek van begin 2020 tot einde 2022, en alle opvoeders wat by Saro geregistreer was, was verplig om minstens 150 punte vir professionele ontwikkeling in hierdie siklus te voltooi. Op daardie gebied het Absalom altesaam 1 611 punte bymekaar gemaak, wat hom die naasbeste leerkrag in die Wes-Kaap gemaak het.


Adjunkhoof vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article