Die koeriervoertuig wat Woensdagoggend in Tulbaghstraat beroof is.Foto: Jana Scheepers

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

’n Koeriervoertuig van Kuilsrivier wat Woensdagoggend omstreeks 09:15 Worcester besoek het, het onder drie boewe deurgeloop.

Die voorval het naby Boland Floors-vloerdienste en Afroxplaas in Tulbaghstraat plaasgevind terwyl die bestuurder goedere agter uit die voertuig gehaal het om hier af te lewer.

Volgens die bestuurder van die voertuig, wat versoek het dat sy naam nie genoem word nie, het kameras van nabye winkels in Tulbaghstraat die voorval vasgelê.

Beeldmateriaal van die kamera’s wys hoe drie mense die sleutels, asook ’n sak met papierwerk daarin, uit die voorkant van die trok steel.

Geen van die koeriervoertuig se goedere is gesteel nie.

Die bestuurder is ook ongedeerd gelaat.

Volgens die drywer is die oortreders steeds op vrye voet.

Volgens die bestuurder het hy dadelik die maatskappy laat weet wat daarna ’n voertuig gestuur het om hom in Worcester op te laai.

Die saak is by die Worcester-polisiekantoor aangemeld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article