As jy ’n ABBA-aanhanger is, mag hierdie vertoning nie gemis word nie!
Mike Mcully met A Tribute To ABBA maak sy verskyning in Worcester. Dié vertoning vind Saterdag 2 Februarie om 19:00 by die Pietman Hugo-saal by Worcester se eie Kleinplasie plaas.
Hierdie groep het reeds vol gehore in onder meer die Grand West-casino in Kaapstad getrek met liedjies soos “Waterloo”, “Chiquitita”, “Money Money Money” en “The Winner Takes It All” en het in ’n kort tyd baie gewild geword.
Dié vertoning het in 2014 gewildheid verwerf en was vir twee seisoene uitverkoop.
Hierdie keer speel Mike nie net die tromme nie, maar sing hy ook en lei die ander groeplede.
Met dié geldinsamelingsgeleentheid werk Kleinplasie saam met Worcester Gimnasium om hierdie gesogte geleentheid Worcester toe te bring. Die opbrengs sal ten bate van Worcester Gimnasium se skoolfonds wees.
Toegang is R155 per persoon, maar met ’n spesiale afslag vir groepbesprekings.
Ligte verversings word te koop aangebied en eetgerei word voorsien. Gaste is ook welkom om hul eie drinkgoed en glase saam te bring (ys is beskikbaar). As bonus sal daar ’n plek wees waar mense op die liedjies van ABBA kan dans én ’n gelukkige trekking.
Worcesteriete word genooi om hierdie geleentheid te ondersteun deur te kom deel in ’n heerlike atmosfeer by Kleinplasie.
Skakel Kleinplasie se kantoor by 021 863 1803 of vir Marlise by Worcester Gimnasium by 023 347 0426 en maak seker jy mis nie dié geleentheid nie.




