In nog ’n plaasmoord in die omgewing het ’n 89-jarige vrou Sondag haar lewe verloor.
Volgens die Rawsonville-polisie se woordvoerder, sers. Vivienne Hurling-Jordaan, het dié voorval Sondag 23 Januarie omstreeks 11:40 op die plaas Breeland plaasgevind. Sy voeg by dat ’n 15-jarige in verband met die voorval in hegtenis geneem is en Dinsdag in die hof verskyn het.
Die verdagte het glo toegang verkry deur middel van ’n oop hek en deur. Hurling-Jordaan sê die slagoffer is met ’n stoel geslaan. Die 15-jarige verdagte word van huisroof en moord aangekla.



