Worcester Primêre Skool se junior koor is nie net goed nie – hulle is báie goed!

Dié koor is onlangs as die vyfde beste junior koor in die land en die beste junior koor in die Wes-Kaap aangewys.

Die skool het die koorlede, sowel as die koor­afrigter, Hanlie Bruyns, met dié besondere prestasie gelukgewens.

“Ons is baie trots op ons junior koor, wat weer eens bewys het dat musiek ‘n besondere plek in ons skool het,” het die skool in hul gelukwensing aan die kinders gesê. “Ons is só trots op elke leer­der wat hul stem, talent en hart met soveel passie gee. Dié koor is meer as net stemme – dit is harte wat saam sing, drome wat saam groei en talent wat saam skitter!”

Beide die junior- en senior kore het vanjaar baie goed gevaar. Tydens die onlangse Paarl Vallei-

Eistedd­fod het die junior koor ‘n Cum Laude-prys verwerf en die senior koor ‘n goue toekenning.

Tydens die ATKV Applous en die Tygerberg-­Internasionale Eisteddfod (TIE) vroeër vanjaar het die kore hul stemme ook laat tel. Die junior koor het by die ATKV Applous goud verwerf en is as afdelingswenner aangewys. By TIE het hulle goud (88,6%) verwerf.

Die senior koor het by die ATKV Applous asook by die TIE silwer verwerf (77,6%).

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article