Alida Buckle
Die Kaapse Jagters- en Wildbewa-
ringsvereniging (Kaapjag) het die afgelope naweek sy jaarlikse
toekenningsaand gehou en uit sy
10 takke is die Weskustak as
Tak van die Jaar aangewys.
‘n Groep jagters bekommerd oor die bewaring van wild en die toegang tot jagplekke het Kaapjag in 1984 gestig.
Sedertdien het die vereniging gegroei tot die tuiste van meer as 3 600 jagters en sportskuts.
Kaapjag is ook ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer No. 60 van 2000 geakkrediteer as ‘n jag- en sportskiet- vereniging en mag toegewyde jagters en sportskuts sertifiseer.


