Jano Mouton
Jano Mouton

Jano Mouton wen goud by junior lugpistoolkampioenskap


ST HELENABAAI – Jano Mouton, ‘n inwoner van St Helenabaai, het die afgelope Vrydag (2 Oktober) met ‘n uitsonderlike vertoning by die Suid-Afri­kaanse Jagters- en Wildbewarings­vereniging (SAJWV) se internasionale junior lugpistoolkampioenskap in Welkom in die Vrystaat vorendag gekom.

Dié jong skut het die o.16-lugpistoolkampioenskap met ‘n indrukwekkende telling van 198,09 uit 200,20 gewen en is daarmee as die SAJWV- internasionale o.16- junior lugpistoolkampioen vir 2026 gekroon.

Mouton se prestasie het egter nie daar geëindig nie.

Hy het ook die trofee vir die junior met die hoogste telling oor al die ouderdomsgroepe in die kampioenskappe, naamlik o.9, o.13, o.16 en o.18, ontvang.

Sy telling was 198,09 en dus die hoogste junior telling van die kampioenskap.

Mouton het met sy uitsonderlike prestasie gewys dat harde werk en deursettings­vermoë wel vrugte afwerp.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 15 October 2026
    Weslander E-Edition – 15 October 2026

Gift this article