Lina van den Berg en Christine Barnard woeker by die pannekoektafel.

Die NG kerk in Saldanha het sy jaarlikse basaar die afgelope Saterdag (6 September) by die Weskusskool gehou. Van vars gebak, pasteie en poeding tot pannekoek en van heerlike etes, kindervermaak tot ‘n propvol marktafel was iets vir elkeen beskikbaar om te geniet.

Volgens die organiseerders was die potjiekos, braaivleis en vars roosterkoek soos altyd ‘n wenner.

Besoekers kon ook heerlik by die teetuin ontspan.

‘n Hoogtepunt van die dag was die lenteloop, wat meer as 100 deelnemers – jonk en oud – gelok het. Deelnemers het die pragtige roete aangepak en die uitsig oor die kusomgewing geniet.

“Ons is regtig dankbaar vir elkeen se hande en harte wat hierdie dag moontlik gemaak het,” het een gemeentelid gesê.

Die basaar was nie net ‘n geldinsame-

ling nie, maar ook ‘n herinnering dat die Weskus se mense weet hoe om saam te werk en saam te kuier.

In goeie gees – voor is Lorinda van Nieuwenhuyzen, Denese Coetzer, Estelle Smith, Lanie du Toit, Sanet Verster en Anita van Huysteen. Agter is Wouter Basson en Barend Verster.
Die stappers Elna Slabber en Liezel Geldenhuys het aan die lenteloop deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article