Ds. Charl van Rensburg het sy moue opgerol en pannekoek help bak.Foto’s: Noluvu Ludidi

G’n wind of weer kon hulle keer


Nie die wind of reënweer kon mense keer om hul ondersteuning vir die NG kerk Laaiplek se basaar te wys nie.

Die basaar is Saterdag 17 Junie by dié Dwarskerbos- woonwapark gehou. Ds. Charl van Rensburg sê die basaar was ’n reusesukses. “Mense het die dag met glimlagte en vreugde bygewoon en omtrent alles is uitverkoop. Die Here het ons met ’n ongelooflike bedrag geld geseën. Dit het ons gemeente weer ’n positiewe houding gegee.” Van Rensburg wil graag almal bedank vir hul bydrae tot die sukses van die kerkbasaar.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article