'n Bekkige kind. Foto: Unsplash
‘n Bekkige kind. Foto: Unsplash

Inskrywings vir die kompetisie om vier toegangskaartjies vir vanjaar se Hopefield- Fynbosskou van 28-31 Augustus te wen, het begin instroom.

Het jy ‘n bekkige kind in gr.1 tot 3 en bly julle in die Saldanhabaai- of die Bergrivier- munisipale gebied? Jou kind se sêgoed kan vir julle dié toegangskaartjies wen.

Al wat jy moet doen, is om jou kind in ‘n video of stemnota te laat sê wat hy of sy dink ‘n “koekemakranka” is. Dit moet die kind se eie woorde en idees wees.

WhatsApp die video of stemnota na 082 576 0453, met die deelnemer se naam, van, graad en by watter skool hy/sy skoolgaan. Dit moet ons vóór Dinsdag 26 Augustus bereik. Die wenner word Donderdag 28 Augustus in Weslander aangekondig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article