In Die sproetebessies en die hart van die swart roos, geskryf deur Troula Goosen, gaan drie vriendinne – Milan, Andante en Nova – na ’n musiekfees om die beroemde popster Tyrion te sien optree. Die uitstappie neem ’n onverwagte wending wanneer Milan saam met die Kaalbas Kitare op die verhoog te sien is. Hulle word uitgenooi na ’n slypskool by die superster-akademie, maar vreemde onthullings wag op die drie wanneer hulle by die Swart Roos-landgoed aankom. Een gelukkige leser staan ’n kans om dié boek, met komplimente van NB Uitgewers, te wen. WhatsApp jou naam, kontaknommer en die naam van enige van die drie vriendinne na 082 576 0453.


Wen boek met ’n kinkel

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article