Boffie Strydom, die uitvoerende burgemeester van die Weskus-distriksmunisipaliteit, tydens sy begrotingstoespraak in Moorreesburg.


Die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) se begroting vir die volgende jaar is pas amptelik deur die raad goedgekeur.

Boffie Strydom, die uitvoerende burgemeester van die WDM, het die distriksmunisipaliteit se begroting Woensdag 25 Mei in Moorreesburg voorgehou.

Die finansiële volhoubaarheid van munisipaliteite is ’n belangrike dryfveer om die lewering van kernmandaatdienste te verseker meen hy. Met die uitdagende finansiële tye wat munisipaliteite tans moet trotseer, is dit belangrik dat munisipale begrotings fokus om die prioriteite en behoeftes in gemeenskap die hoof te bied.

“Ek wil graag ’n versoek aan elke raadslid rig, ongeag die party waaraan julle behoort, dat ons as ’n Weskus-distriksmunisipaliteit-span kan saamwerk om ons onderskeie gemeenskappe te dien en eerste te stel – hetsy direk of indirek – deur samewerking met verskillende rolspelers,” het Strydom gesê.

Die WDM se geprojekteerde inkomste is gegrond op toekenning, ondertekende ooreenkomste en/of projeksies tot ’n bedrag van R452 913 263, en word as volg uitgemaak:. Agentskapsdienste vir die paaie-funksie sal R158 173 000 miljoen beloop, wat op 35% neerkom;. dienskoste vir die watertoegewing sal R126 633 000 miljoen beloop, wat op 28% neerkom;. ander inkomste wat die Wet op Verdeling van Inkomste-toekenning (DORA) verteenwoordig, sal R119 046 000 beloop, wat op 26% neerkom; en. die res van die inkomstes sal bestaan uit oordragte en subsidies van R30 193 000 (7%); rente van R15 094 000 (3%), lisensies en permitte van R247 000 en huurgeld van R3 528 000.

Die WDM se geprojekteerde uitgawes sal R459 104 177 wees, wat tot ’n begrotingstekort van R6 190 914 lei, en word soos volg opgemaak:. Werknemerverwante uitgawes sal na verwagting R231 511 000 wees, wat 51% van die algehele uitgawes verteenwoordig;. ander uitgawes wat, in die bedryfsbegrotingskedules weerspieël word, sal na verwagting R102 932 000 wees, wat 22% van die algehele uitgawes verteenwoordig;. ander materiale vir die bou van paaie se kapitaalwerke sal na verwagting R75 219 000 wees, wat 16% van die algehele uitgawes verteenwoordig;. gekontrakteerde dienste sal na verwagting R26 968 000 wees, wat 6% van die algehele uitgawes verteenwoordig; en . die res van die uitgawes bestaan uit waardevermindering en waardedaling; vergoeding van raadslede; finansies; oordragte en subsidies.

Die burgemeester het alle raadslede vir hul samewerking bedank.

Hy het ook die administratiewe personeel, onder leiding van munisipale bestuurder David Joubert bedank vir hul kundigheid en wetlike oorsig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article