Die Saldanhabaai Munisipaliteit se verkeersdienste het gereageer op ‘n besige einde-van-die-maand naweek.
Daar was ‘n reeks enkelvoertuigongelukke wat aangemeld is tussen 21:00 op Sondag 1 Februarie en om 01:30 op Maandag 2 Februarie.
Die laaste voorval, wat ‘n sterfte tot gevolg gehad het, is omstreeks 05:30 deur bystandbeamptes opgeklaar.
Volgens Ethne Lawrence, woordvoerder vir die Saldanhabaai-munispaliteit is drie individue oor die naweek in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed.
“Alle arrestasies het asemtoetslesings aansienlik bo die wettige limiet behels. Drink en bestuur is ‘n ernstige en voorkombare oortreding wat lewens in gevaar stel. Motoriste word daaraan herinner dat die keuse om te bestuur terwyl hulle onder die invloed is, ernstige regsgevolge inhou en onomkeerbare skade kan veroorsaak.”

Lawrence voeg by dat die munisipaliteit daarop aandring dat dat inwoners verantwoordelike besluite neem deur ‘n nugter bestuurder te reël of alternatiewe vervoer te gebruik om die veiligheid van hulself en ander op die pad te verseker.





You must be logged in to post a comment.