’n Groot hoeveelheid dagga is in ’n man van Riebeek-Wes se besit gevind.


Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is Vrydagaand op altesaam 64 daggastoppe, sewe sakkies tik en twee Mandraxtablette tydens ’n klopjag in Madeliefiestraat, Riebeek-Kasteel, beslag gelê.

’n Inwoner (49) is in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die hof verskyn.

Die polisie het ook Saterdag 19 November ’n man (28) met ’n groot hoeveelheid dagga in sy besit betrap. Dié man, van Riebeek-Wes, is in hegtenis geneem verskyn op 23 Desember in die hof.

Helfrich sê ook ’n man (52) van die Strand is Maandag (21 November) in Moorreesburg in hegtenis geneem nadat hy voorgekeer en deurgesoek is. Altesaam 20 g tik en 123 Mandrax-tablette is in sy besit gevind.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article