Die verkeersdiensbestuurder van die Cederberg-munisipaliteit en nog ’n munisipale amptenaar moet later vandeesmaand weer in die streekhof in Vredenburg op aanklagte van bedrog en korrupsie verskyn.
André Dirkse, die verkeersbestuurder, en Rayven Karstens word deur aanklagte in die gesig gestaar weens beweerde bedrieglike padwaardigheidstransaksies by die Matzikama-munisipaliteit, waar hulle voorheen gewerk het.
Die polisie se eenheid vir ondersoeke na prioriteitsmisdaad, die Valke, het Dirkse en Rayven in 2018 reeds in hegtenis geneem. Hulle is destyds borgtog toegestaan.
Die staat beweer Karstens en Dirkse het saamgespan om padwaardigheidsertifikate teen betaling aan kliënte te verskaf.
Die saak was Dinsdag 15 Augustus vlugtig voor die hof om ’n datum vas te stel waarop die verhoor kan begin.
Dit gebeur op Dinsdag 29 Augustus.



