Hoërskool Vredenburg (VHS) vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar met trots.
Die skool pronk tans met ’n leerdertal van 1 162 en ’n personeelkorps van 58 (43 opvoerders en 15 nie-akademies), en lewer jaarliks prestasies op akademiese sowel as sportgebied.
Terugblik
Die eerste staatskool is reeds in 1880 in die dorp gevestig op die terrein wat vandag die laerskool huisves. Die skoolgebou het in 1923 hoërskoolstatus gekry met die eerste gr. 12-leerders wat die seniorsertifikaateksamen in 1924 afgelê het.
Bouwerk aan die nuwe skool het in 1969 begin. Die amptelike opening van Hoërskool Vredenburg op die huidige skoolterrein was in 1973.
Sedertdien het die skool talle geskiedkundige oomblikke ervaar.
Geskiedenis-tydlyn
. 1973 | Amptelike inwyding van Hoërskool Vredenburg. . 1978 | Mnr. A.J. van Wyk word as skoolhoof aangestel.. 1981 | Mnr. J.D. Schreuder word as skoolhoof aangestel.. 1990 | Leerdertal bereik 700.. 1990 | Alwyn Kotze (gr. 12) akademies onder top-10 in Wes-Kaap.. 1992 | VHS word ’n Model C-skool.. 1994 | Mnr. J.N. Joubert volg mnr. Schreuder as skoolhoof op.. 1996 | Mnr. J.N. Joubert word as kringbestuurder aangestel.. 1997 | Mnr. D.A. von Zeuner word as skoolhoof aangestel.. 1998 | Die staat neem weer beheer en VHS word ’n openbare skool.. 1998 | Eerste oorsese sporttoer: Kriekettoer na Brittanje.. 1998 | Netbalbane word opgegradeer tot nasionale standaard.. 1999 | Leerdertal oorskry die 1 000- merk, nl. 1 072.. 2000 | Skoolgebou kry nuwe baadjie – word blou geverf.. 2000 | Nege gr. 12-leerders behaal A- simbole in die eindeksamen.. 2001 | Meisieshokkietoer na Europa.. 2001 | Agtien gr. 12-leerders behaal A-simbole in die eindeksamen.. 2001 | Christoff Basson behaal sesde plek akademies in Wes-Kaap.. 2002 | Dertien leerders behaal gemiddelde A-simbole in gr. 12.. 2003 | In Maart word die paviljoen ingewy.. 2004 | Puik uitslae van die hele skool.. 2004 | West Side Story-opvoering is ’n reusesukses.. 2005 | Eerste keer 1 100 leerders in skool.. 2005 | Eerste Interskole teen Monumentpark.. 2005 | o.16-rugbytoer na Argentinië.. 2006 | Verdere Onderrig en Opleiding (VOO) en die Nasionale Seniorsertifikaat (NSS) word geïmplimenteer.. 2006 | o.19-rugbytoer na Argentinië.. 2006 | Daniek Joubert en Marnus Thiart onder top-10 in die Wes-Kaap en 18 gemiddelde A-simbole in matriekeindeksamen.. 2007 | Seunshokkietoer na Maleisië.. 2008 | Eerste matrieks lê NSS af.. 2009 | Leerders presteer uitsonderlik in Wes-Kaap Expo en wen landswye “Fantastic Plastic”- kompetisie.. 2009 | Twee leerders onder top-20 in Wes-Kaap (tweede keer binne drie jaar): Renso Thiart en Daniël Rabe.. 2010 | Die Burger Kersfonds: Reeds meer as R180 000 geskenk deur VHS.. 2013 | Captain Burgie, die skool se gelukbringer, word gebore.. 2016 | Die meisieskleedkamers word opgeknap.. 2016 | Die musiekblyspel High School Musical word opgevoer.. 2019 | Mnr. Bartho Brittz word as die nuwe skoolhoof aangestel.. 2020 | Die Burgie (klubhuis) word gebou.. 2020 | Covid-19 tref. Skool word gestaak vir maande en leerders keer terug in groepe.. 2021 | Inwyding van die nuwe klubhuis (Burgie).


