Die onwettige wapens en dwelms wat by ’n huis in Galjoenstraat gevind is, word deur die polisie as ’n groot sukses beskou.


Drie vuurwapens, ammunisie en 1 000 Mandrax-tablette.

Dié vonds is by ’n huis in Saldanha ontdek nadat die provinsiale afpersingtaakspan van die polisie verlede Donderdag in Diazville toegeslaan het.

Volgens AO Yolanda Kotze, woordvoerder van Saldanha-polisie, het die taakspan ’n klopjag op 26 Mei om 21:30 op die betrokke huis uitgevoer nadat inligting ontvang is van beweerde dwelms en onwettige wapens in die betrokke huis.

Kotze sê die taakspan het op ’n pistool, rewolwer, geweer, verskeie soorte ammunisie en 1 000 Mandrax-tablette beslag gelê. ’n Man (46) is daarna in hegtenis geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article