Inwoners in en om Vredenburg het gister (Woensdag 24 Junie) met die reuk van rook wakker geword nadat ‘n brand by die stortingsterrein langs die R45 tussen Vredenburg en Hopefield uitgebreek het. Die rookwolk was reeds vroegoggend sigbaar en kon selfs later die middag nog van ver af gesien word. Verskeie inwoners het navraag gedoen oor die bron van die rook, wat ook oor dele van die dorp gehang het. Brandbestryders van die Saldanhabaai-munisipaliteit het die situasie deurentyd gemonitor om te verseker dat die brand nie na omliggende gebiede versprei nie. Gelukkig was daar geen aanduiding dat die vuur buite die tuinvullis-ruimte beweeg het nie. Hoewel die rook vir groot dele van die dag sigbaar was, is geen beserings of skade aan omliggende eiendom aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie. Sulke brande by afvalterreine kan egter vir etlike ure of selfs dae aanhou smeul, wat groot hoe­veelhede rook veroorsaak. Die situasie was teen druktyd nog onder beheer en munisipale spanne het steeds die blusoptredes dopgehou. Foto: Noluvu Ludidi

Stortingsterrein brand

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 25 June 2026
    Weslander E-Edition – 25 June 2026

Gift this article