'n Jonger Joshlin Smith.
‘n Jonger Joshlin Smith.

Die langverwagte bekendstelling van die “Joshlin Smith-stigting” vind plaas op Sondag 15 Maart by die Dial Rock-saal in Saldanha, maar steeds is daar geen aanduiding presies wat die stigting gaan behels nie.

Gayton McKenzie, Wes-Kaapse minister van sport, kuns en kultuur en leier van die Patriotic Alliance (PA), het al in Junie 2024 aangekondig dat ’n stigting van stapel gestuur sou word om te help met die vermiste Joshlin Smith en ander vermiste kinders.

Joshlin, toe ses jaar oud, het op 19 Februarie 2024 uit Middelpos, Saldanha, vermis geraak, ’n saak wat Weskussers en mense regoor die wêreld diep geraak het.

Die beskuldigdes, Kelly Smith (Joshlin se ma), Steveno van Rhyn en Boeta Appolis, is op 29 Mei 2025 lewenslank gevonnis op die aanklag van mensehandel en tien jaar op die aanklag van ontvoering.

Vermiste Joshlin Smith.

Weslander het uitgereik na Jacques van Rensburg, die PA se woordvoerder, oor meer inligting oor die stigting, maar hy wou nie kommentaar lewer nie. Hy het wel die kontakbesonderhede van Eugene Botha en Chinelle Stevens verskaf. Stevens en Botha is as direkteure van die Joshlin Smith-stigting aangewys, maar hulle het wou ook nie kommentaar op Weslander se navraag lewer nie.

Vrae waarop Weslander nog tot dusver geen antwoorde kon kry nie, sluit is of die stigting wel ‘n kantoor gaan kry, en of dit in die Kaap of in die Weskus gaan wees?

Wie is die stigting se amptelike kontakpersoon se kontakbesonderhede?

Is die stigting al amptelik geregistreer as nie-winsbejagte organisasie? Indien wel, wat is die registrasienommer?

Wie sit nog op die bestuur of direksie van die stigting?

Waarheen gaan die geld wat ingesamel gaan word? Wie is die begunstigdes? Het die stigting ’n eie bankrekening?

Die Weskus én die land hou asem op vir die langverwagte bekendstelling van die stigting dié naweek.

Uitnodiging van die bekendstelling van die stigting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article