Sielskos! Hierdie resep vir heerlike pampoenkoekies vat ‘n mens sommer terug na ouma se kombuis toe. Boonop is dit redelik maklik en vinnig.
Bestanddele
Pampoenkoekie-beslag:
- 1 koppie gekookte pampoen
- 1 koppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 eier
- 2 eetlepels stroop
- 1/4 koppie melk
- 1/2 teelepel kaneel
- ‘n knippie sout
- Karamelsous:
- 2 eetlepels botter
- 1/2 koppie goue stroop
- 3/4 koppie suiker
- 1 teelepel vanielje
- ‘n knippie sout
Metode
1. Meng al die bestanddele vir die pampoenkoekiebeslag goed saam.
2. Verhit dan genoeg olie om die koekies diep te braai in ‘n pot of braaipan. Skep lepels vol beslag in die warm olie. Braai tot jou koekies lekker goudbruin is.
3. Dreineer nou die koekies op kombuispapier en hou hulle eenkant.
4. Meng al die karamelsousbestanddele saam en verhit in ‘n potjie op die stoof.
5. Kook die mengsel vir sowat 10 minute. Hou maar ‘n ogie en roer sodat dit nie oorkook nie.
6. Gooi nou die karamelsous oor die pampoenkoekies en bedien.
• Bron: Minkie se Kombuis





