Die 5pm Fitness Club, wat in September 2024 begin het, het vinnig ‘n gewilde buitelug-beweegpunt vir die gemeenskap van Vredenburg geword. Wat aanvanklik as die Vredenburg Park Run bekendgestaan het, het later ‘n nuwe identiteit aangeneem – ‘n naam wat nou die hart van die groep dra.
Volgens die stigterslid Thomas Lotz strek die doel van die klub soveel verder as net gewigsverlies. “Dit gaan oor gesonde leefstyl, bestendigheid en veral om jou geestesgesondheid te ondersteun. Elke sessie bied ‘n ruimte waar mense veilig saam met mekaar kan stap, hardloop, lag en eenvoudig net asemhaal ná ‘n lang dag. Dit is nie ‘n kompetisie nie – dit is ‘n verbintenis tot jouself. Of jy net een keer opdaag of elke week – jy doen dit vir jou,” voeg Lotz by.

Die 5pm Fitness Club verwelkom mense van alle vlakke – oud, jonk, fiks, onfiks en selfs dié wat net ‘n bietjie vars lug nodig het. “Die klub bou gemeenskap, motiveer volhoubare gesondheid en herinner elke deelnemer dat hulle nie alleen op hul welstandsreis hoef te stap nie.” Belangstellendes is welkom om aan te sluit – geen inskrywingsfooie, geen druk, net ‘n positiewe ruimte vir beweging en beter mens-wees.
• Kontak Thomas Lotz by 078 528 8581 om aan te sluit en vir nog inligting.





You must be logged in to post a comment.