Atlete kan uitsien na die Langebaan-atletiekklub se halfmarathon. Foto: Alida Buckle

Die Langebaan-atletiekklub bied op Saterdag 23 Augustus ‘n halfmarathon aan. Deelnemers kan kies om die 5-km-, 10-km- of 21-km-wedloop aan te pak.

Volgens Christopher Rodgers, die wedloopdirekteur, kan atlete uitsien na pragtige uitsigte en ‘n heerlike roete reg deur Langebaan.

“Hierdie wedloop dien ook as geldinsameling vir die Langebaan-atletiekklub, wat sal help met vervoer, toere, gesonde voeding, gimnasiumgeld, prysuitdelings, maatskaplike verantwoordelikhede in die gemeenskappe en soveel meer.”

Die totale prysgeld is R45 000, wat onder die wenners in hul ouderdomsgroepe verdeel sal word. Die skool met die meeste inskrywings sal R2 500 asook ‘n trofee ontvang.

Alle atlete is welkom om deel te neem, maar moet volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek hardloop.

Deelnemers aan die 21-km-wedloop spring om 07:00 weg, die 10-km-wedloop begin om 07:30 en die 5-km-wedloop om 08:00. Die prysuitdeling vind omstreeks 10:30 plaas.

Die inskrywingsgeld: Vir die halfmara- thon beloop dit R190 vir gelisensieerde atlete en R275 vir ongelisensieerdes (sluit ‘n tydelike lisensie van R85 in). Deelname aan die 10-km-wedloop kos R110 gelisensieerd en R170 ongelisensieerd (sluit ‘n tydelike lisensie in; seniors betaal R60 en juniors R40). Deelname aan die 5-km-wedloop kos slegs R40. Inskrywings sluit Sondag 10 Augustus.

• Besoek entryninja.com om in te skryf. • Bel Leroy Jacobs by 083 928 9827 of stuur e-pos na Langebaanac12@gmail.com vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article