Die Wes-Kaapse minister Tertius Simmers (links) en Ray van Rooy, die Bergrivier-munisipaliteit se burgemeester (regs), by die 74-jarige Tryntjie Engelbrecht voor haar nuwe huis. Foto: Melt Botes

Tertuis Simmers, die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, het einde verlede maand (Woensdag 30 Julie) huise by die Eendekuil-behuisingsprojek in die Bergrivier-munisipaliteit aan begunstigdes oorhandig.

Dié huise is voor die beplande datum voltooi. Volgens Simmers het dié projek van R11 miljoen 45 nuwe eenhede en dit sou na verwagting eers op 26 September vanjaar voltooi gewees het.

Danksy die voorsiening van meer as R19 miljoen elektriese oorbruggingsfinansiering vir die Eendekuil-, Piketberg- en Porterville-projekte, is die projek versnel en voor die spertyd voltooi.

“Ek het my tweede termyn as minister van infrastruktuur met vyf prioriteite begin, waarvan twee die bou en koester van vennootskappe én versnelling is. Eendekuil is ‘n gepaste voorbeeld van waar hierdie prioriteite doeltreffend ingestel is om tasbare resultate aan die mense van Eendekuil te lewer,” het Simmer gesê.

“Ons is nog nie klaar in die Bergrivier nie. Behuisingsprojekte in Piketberg en Velddrif is tans in die beplanningsfase en ek sien daarna uit om binnekort na die Bergrivier-munisipaliteit terug te keer om hierdie huise aan begunstigdes te oorhandig,” het hy bygevoeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article