Hoërskool Vredenburg het nog ’n besondere prestasie behaal deur tydens die onlangse Eisteddfod met die gesogte toekenning vir die meeste wenners deur ’n hoërskool vereer te word.
Die toekenning is ’n erkenning van die leerders se kreatiwiteit, talent en harde werk, asook die toewyding van die skool se Eisteddfod-afrigters wat hulle deur die proses begelei het.
Drie van die kategorie-wenners is saam met die skool se Eisteddfod-afrigters afgeneem terwyl hulle dié besondere prestasie gevier het.
Die skool het sy dank teenoor die afrigters uitgespreek vir hul bydrae om jong talent te ontwikkel en leerders aan te moedig om hul potensiaal te verwesenlik.



