Die leerders van Jehovah Jireh-kleuterskool.
Die leerders van Jehovah Jireh-kleuterskool.

Kleuterskool fokus op kankerbewustheid en gesondheid


Jehova Jireh-kleuterskool het op Donderdag 15 Oktober ’n geleentheid aangebied om meer oor kanker, veral borskanker, te leer.

Melony Constable, prinsipaal van die kleuterskool en self ’n kankeroorwinnaar, het gesê dit was ’n waardevolle leerskool wat almal aangemoedig het om na hul gesondheid om te sien.

Die leerders van Jehova Jireh-kleuterskool saam met die verskeie rolspelers. FOTO: Noluvu Ludidi

Volgens Constable is die inligting op ’n manier aan die kinders oorgedra wat hulle kon verstaan, sodat hulle ook bewus kon word van die belangrikheid van gesondheid en kankerbewustheid.

Sprekers van, Smart Start, Elru en Mfesane het die geleentheid bygewoon en hul kennis met die aanwe­siges gedeel.

Sy het almal bedank wat bygedra het om die dag moontlik te maak.

LEES OOK: Jehova Jireh-kleuters geniet spesiale gemeenskapsdag.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article