Die Hoërskool Diazville bedank graag die Sea Harvest Foundation vir hul ongelooflike ondersteuning en vrygewigheid teenoor die skool. ‘n Spesiale woord van waardering gaan aan Allison Visagie van die Sea Harvest Foundation wat die borgskap moontlik gemaak het. “Jou vriendelikheid en toewyding aan die ontwikkeling van jong talent beteken werklik die wêreld vir ons. Ons netbalmeisies is buitengewoon opgewonde en trots om in hul splinternuwe uitrusting op die baan te stap. Dit is meer as net klere, dit is selfvertroue, eenheid en motivering om elke keer as ons speel ons beste te gee. Ons is werklik dankbaar vir hierdie belegging in ons leerders en ons sport. Dankie dat julle in ons glo en deel is van ons reis,” het die skool gesê. Trots staan Paul Haricombe (skoolhoof), Chrisnay van der Westhuizen, Jaydene Goeieman, Caylin Williams, Tarryn Pickard, Anneen Toerien (hoof van netbal) en Allison Visagie (Sea Harvest Foundation).

Borgskap verryk netbal

Skool sê dankie vir dié vrygewigheid

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article