Roux Basson, ‘n oudleerder van die Hoërskool Piketberg, het ‘n spesiale Wes-Kaapse ministeriële toekenning ontvang vir die kandidaat wat te midde van geweldige ontbering, uitdagings en persoonlike struikelblokke uitstekende akademiese resultate behaal het. Osteosarkoom is in die eerste kwartaal van 2025 by Roux gediagnoseer. Hy het ten spyte van chemoterapie, chirurgie en ‘n lang pad na herstel sy nasionale senior sertifikaat met groot welslae verwerf – vierde in sy klas en met drie onderskei- dings. Die skool is baie trots op hom en meen hy is ‘n inspirasie vir almal.

Roux ‘n inspirasie vir almal

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article