‘n Gewyde oomblik vir Lindie Kleynhans toe die burgemeester, André Truter, haar nuwe rang-epoulette tydens haar inlywing aanbring. Foto: Alida Buckle

Sy is nie aangestel omdat sy ‘n vrou is nie, maar omdat sy die beste kandidaat vir die pos is, het die burgemeester, André Truter, oor die Saldanhabaai-munisipaliteit se nuwe hoof van polisiëring en wetstoepas-

sing gesê.

Lindie Kleynhans is Vrydag (5 September) amptelik ingehuldig, hoewel sy die pos al sedert Junie vanjaar beklee.

Lindie is die eerste vrou in dié pos en met 28 jaar ervaring in die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot op die vlak van brigadier bring sy nasionale ervaring, strategiese bestuur en ‘n mensgerigte styl na die tafel.

“My sterk punt lê daarin om vernuwing met dissipline te balanseer – ek glo aan opleiding, tegnologie en nuwe benaderings, wat die gemeenskap se vertroue verdien.

“Dit is ‘n groot eer om hierdie rol te vervul in ‘die beste munisipaliteit in die land’,” sê Lindie, wat dit ook as haar roeping beskou om die gemeenskap te dien.

“My ervaring gee my ‘n sterk fondament, maar my fokus is om nuwe maniere te vind om ou probleme aan te pak – met vars denke en vernuwende oplossings.”

herstruktureer

Lindie wil saam met haar span wys dat plaaslike wetstoepassing ‘n belang-

rike pilaar van reg en orde is – “en dat ons dit slimmer en meer proaktief kan doen”.

Haar visie is gemeenskapsgerigte, maar ook data-gedrewe en proaktiewe wetstoepassing. “Ons kan nie net reageer nie – ons moet patrone ontleed, bronne vervolmaak en vooruit dink. Ek glo ons kan ons bestaande hulpbronne beter benut en steeds ‘n groot verskil maak.”

Vir die eerste jaar gaan Lindie op die herstrukturering van die span, die verbetering van dissipline en die optimalisering van hulpbronne fokus. “Ons het reeds prestasiestelsels en beter skofbeheer ingestel – die eerste stappe na ‘n meer professionele en gefokusde wetstoepassing.”

Lindie glo aan boots on the ground – “sigbare, toeganklike beamptes”.

“Wanneer die gemeenskap sien ons is ernstig oor reg en orde, bou dit vertroue en respek. Veiligheid is ‘n spanpoging. Ons gebruik nuwe platforms en projekte om inwoners meer betrokke te kry, want elkeen se rol tel in die handha-

wing van orde.”

balans

Op ‘n vraag oor die balans tussen streng wetstoepassing en ‘n diensgerigte benadering, antwoord Lindie sy glo aan ferm en professionele optrede. “Reg en orde is nie onderhandelbaar nie, maar ons doen dit met ‘n diensgerigte benadering – met respek en waardigheid vir die gemeenskap.”

Haar planne om die wetstoepassingsbeamptes te ondersteun en te motiveer, sluit deurlopende opleiding en mentor-

skap in. Sy glo ook aan die gebruik van data- en prestasie-aanwysers om beamptes te help groei. “Dit gaan nie net oor meer mense nie – dit gaan oor beter vaardighede en slimmer werk.

“Ons het ‘n behoeftebepaling gedoen en werk saam met die raad om toerus-

ting en voertuie te verbeter. Tegnologie en hulpmiddels is belangrik, maar dit gaan ook oor hoe om dit ten beste te benut.” Hulle kyk onder meer na slim-kringtelevisie met KI-werking, verbeterde kommunikasie en data-ontleding om neigings vinnig te identifiseer.

Samewerking met ander veilig-

heidsagentskappe en gemeenskapsorga-

nisasies is belangrik vir Lindie. “Reg en orde is groter as net een entiteit. Daarom span ons saam met die polisie, verkeersdienste en gemeenskaps-

veiligheidsorganisasies.”

Sy glo ook die private sektor is ‘n belangrike vennoot. “Hulle kan help met tegnologie, finansiering en projekte soos kamera-infrastruktuur en veiligheids-

inisiatiewe.”

Lindie se visie is dat die Saldanhabaai- munisipale gebied bekend sal staan as een van die veiligste kusgemeenskappe in Suid-Afrika.

“Hierdie is nie net ‘n pos nie – dit is my roeping.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article