Pomario Privaatskool is trots op Zané Esterhuizen (o.13, links) en Mikela Roets (o.10) wat die afgelope naweek uitstekend by die Wes-Kaapse kampioen- skap presteer het. Esterhuizen het ‘n skitterende 1ste plek in spiesgooi behaal en het met haar 4de plek in die 800 m ook na die volgende ronde deurgedring. Roets het ook ‘n pragtige prestasie met ‘n 2de plek in die 1 200 m gelewer. Hierdie twee talentvolle meisies gaan van Donderdag 19 tot Saterdag 21 Maart aan die SA Skole-atletiekbyeenkoms in Groenpunt, Kaapstad, deelneem.

Pomario-atlete reg vir SA’s

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article