Dié Mandrax-tablette se straatwaarde word op meer as R12 000 bereken. Dit is op Maandagmiddag 20 Mei in ’n blou Toyota Avanza gekry. Die voertuig was onderweg op die N7 toe die polisie dit naby die weegbrug by Moorreesburg voorgekeer het. Hulle hulle inligting gekry het dat daar moontlik dwelms in die motor is. Die voertuig is afgetrek en deursoek. Daar is afgekom op altesaam 201 Mandrax-tablette ter waarde van R12 060 met die woord “Boss” daarop gedruk, en R3 390 kontant. ’n Citrusdaller (36) is in hegtenis geneem en verskyn eersdaags in die landdroshof op aanklag van handel in dwelms.Foto: SAPD


Polisie kry Mandrax van R12 000

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article