Die dwelms en ammunisie wat in versteekte kompartemente in ’n Toyota Yaris gevind is.Foto:

Dwelms, geld en patrone in Toyota gekry

Die dwelms en ammunisie wat in versteekte kompartemente in ’n Toyota Yaris gevind is.Foto:


’n Groot hoeveelheid dwelms en onwettige ammunisie is in versteekte kompartemente van ’n Toyota Yaris gevind.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van Vredenburg-polisie het die polisie Saterdag 12 Februarie om 21:00 inligting ontvang dat ’n blou Toyota Yaris met die registrasienommer CFG 15384 besig is om dwelms te vervoer.

Die voertuig is in Bergsigstraat, Louwville voorgekeer waarna die bestuurder van die motor (40) sowel as die voertuig deursoek is.

Polisiebeamptes het twee .38-vuurwapen-patrone, 360 Mandrax-tablette, 50g tik en 5g kokaïne met ’n straatwaarde van R12 000 in versteekte kompartemente in die voertuig gevind. Die polisie het ook beslag op ’n bedrag kontant gelê.

Een verdagte is op aanklag van handel in dwelms en die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem en hy sal eersdaags in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article