Amptenare is positief dat die brande in die Piket-bo-berg vandag tenvolle geblus sal wees.
Volgens Noel Williams, hoof van die Bergrivier munisipaliteit se rampbestuur is dit nog seker hoe die brande onstaan het nie.
‘n Brand het op Saterdag 24 Januarie naby Lalaland-gastehuis ontstaan.
“Hoe dit onstaan het wee tons glad nie, want dit is ‘n area waar ‘n mens nie so maklik kan loop nie. Ons het gewag dat die vuur ‘n bietjie naby kom waar ons dit kan beveg om meeste van die huise te beskerm. Gelukkig is geen strukture verloor. Alhoewel die vuur gespring het is dit verby Lalaland.”
Williams meen die wind het opgetel en die vuur het meer na die N7 se rigting gedraai waar die brandweer dit van daai kant af kon beveg.
“Hulle is steeds besig en bestriding pogings duur voort. Die brand is glad nie so sleg soos dit die afgelope paar dae was nie en is onder beheer.”

Ray van Rooy, burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit kan net vir die Here dankie sê dat daar geen lewens en strukturele verlies was nie.
“Alle brandweermense, landbouers en vrywilligers het ingespring om te help. Ek haal my hoed af vir hulle. Dit was wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saam staan in hierdie tyd en op mekaar staatmaak,” sê Van Rooy.
Hy bedank elke persoon vir hul bydrae.







You must be logged in to post a comment.