Stacey Otto as die nuwe GOOD-raadslid in Hopefield aangekondig.
Sy vul die vakature wat Donderdag 9 Oktober deur haar oorlede man, Bjorn Witbooi, gelaat is.
Volgens Brett Herron, GOOD se sekretaris, was Witbooi ‘n toegewyde raads- lid en ‘n lid van die GOOD- nasionale leierskapsraad en bekend vir sy onvermoeide voorspraak vir die mense van Hopefield.
“Hy het onvermoeid gewerk om verbeterde toegang tot munisipale en maatskaplike dienste te verseker en het die waardes van diensleierskap, geregtigheid en gemeenskapsopheffing verpersoonlik. Otto, wat sedert 2018 deel van GOOD is, dien die Hopefield-gemeenskap lank saam met Witbooi.”

Otto sê om as nuwe raadslid te dien, voel goed. Sy bedank die Vader asook die GOOD-party dat hulle hul vertroue in haar plaas om Hopefield te dien.
“Dit is ‘n baie groot uitdaging en ‘n groot geleentheid, waarvan ek net die beste gaan maak. Ek gaan my gemeenskap voluit dien en aangaan waar my oorlede man opgehou het. Ek gaan sy nalatenskap voortbou en bedank my aktiviste vir hul getrouheid en opregtigheid. Ek glo ons gaan baie lekker saamwerk.”
Herron voeg by Otto se aanstelling verseker kontinuïteit van diens en weerspieël haar diepgaande begrip van die gemeenskap se behoeftes en aspirasies.
“Sy sal die werk en beginsels wat Witbooi se leierskap gedefinieer het, voortsit en GOOD se verbintenis tot die bou van ‘n billiker, meer sorgsame samelewing versterk.”






You must be logged in to post a comment.