Optiese vesel word tans in die Bergrivier-munisipale gebied geïnstalleer.

Optiese vesel in Bergrivier


Inwoners van die Bergrivier-munisipale gebied sal eersdaags vesel-internet op hul voorstoep hê.

Die munisipaliteit se bestuurs- en toesigfunksies tydens die installering van optiese vesel, deur die diensverskaffers, word fyn gebalanseer tussen die poging om die installasie vinnig te laat vorder en om te verseker dat wetgewing en interne beleide nagekom word.

Volgens die munisipaliteit het hulle ’n ooreenkoms met die diensverskaffer aangegaan om vinnige en doeltreffende internet aan inwoners in die Bergrivier-munisipale gebied te verskaf. Die ooreenkoms sluit uitleg-planne in wat posisies van vesel, oorhoofse en ondergrondse roetes deur privaat en openbare eiendomme verskaf. Personeel van die direktoraat tegniese dienste is geïdentifiseer om toesig te hou oor nakoming ingevolge die ooreenkoms, verseker die munisipaliteit.

Die installering sal vir ’n maksimum van 12 maande duur.

“Die optiese vesel-installasie-maatskappye moet ook betaal vir enige verliese wat die munisipaliteit tydens die projek ly, soos pypbreuke en waterverliese wat bo en behalwe die bankwaarborg is,” sê die munisipaliteit.

Inwoners kan navrae oor die projek aan Magaretha van der Westhuizen by 022 913 6085 rig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article