Twee ervare hoofde vir die Saldanhabaai-munisipaliteit se brandweer en wetstoepassing is Vrydag 5 September amptelik ingelyf.
Ann Supra-Vertue is sedert 1 Maart vanjaar die hoof van die brandweer- en reddingsdienste en Lindie Kleynhans het op 1 Junie ingeval as hoof van polisiëring en wetstoepassing.

Dié afdelings val onder die direktoraat korporatiewe- en publieke veiligheidsdienste.
Die vroue se aanstellings dra reeds vrug, het Mario Jacobs, senior bestuurder: openbare veiligheid benadruk. “Dit is ‘n nuwe hoofstuk vir die munisipaliteit en ek is opgewonde om julle impak op die gemeenskap te sien.” Volgens Pumi Mbaliswana, direkteur: korporatiewe en openbare veiligheidsdienste, neem hy reeds die “opbrengs op belegging” van dié twee aanstellings waar. Hy het ligter toon verwys na die feit dat daar nou water by vergaderings is danksy die vrouehande wat nou lei.

Maar die feit dat hulle vroue is, volgens raadslid André Truter, uitvoerende burgemeester, oorskadu nié die feit dat hulle die mees geskikte aansoekers vir die poste was nie. “Hulle is die beste in hul onderskeie velde.”
Raadslid Michael Schaffers, Portefeuljekomiteevoorsitter: Korporatiewe Dienste en Openbare Veiligheid, het sy ontsettende trots uitgespreek oor wat Supra-Vertue en Kleynhans in die kort tydjie al vermag het. “Ek weet waarheen ons op pad is.”
- Sien die volledige berig in Weslander 11 September.






You must be logged in to post a comment.