English below
Weslander se beherende maatskappy, Novus Media, stel vandeesweek amptelik die NovaNews.co.za-webwerf bekend.
NovaNews is ’n omvattende nasionale nuusplatform met bydraes van Weslander, Weskus Nuus en nog 19 ander gemeenskapskoerantredaksies van reg oor Suid-Afrika.
Die digitale nuussentrum lewer landwyd betroubare en diepgaande joernalistiek in Afrikaans en Engels – alles sonder betaalmure of versteekte fooie.
Die nuwe platform bied gebruikers maklike toegang deur enige webblaaier, met die opsie om ’n ikoon by hul mobiele tuisblad te voeg vir onmiddellike toegang tot brekende nuus, gemeenskapsopdaterings, en nasionale en internasionale dekking.
Wat maak die platform uniek?
Die antwoord – die hiper- plaaslike inhoud van die 21 Novus Media-gemeenskapstitels in die Weskus, die Boland, die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en die Vrystaat.
Die gemeenskapskoerante se webwerwe sal hul verbintenis handhaaf om ’n stem aan plaaslike gemeenskappe te gee terwyl hulle aansienlik groter gehore met uitgebreide nuusdekking bereik.
“NovaNews.co.za is ’n eenstopbestemming vir betroubare joernalistiek, wat alles dek – van kraakvars nuus en hiper-plaaslike gemeenskapsverhale, leefstyl-, skole- en sportnuus. Die platform beklemtoon sy verbintenis tot outentieke, betroubare nuus wat op beide plaaslike en nasionale vlak saak maak,” sê Esmé Smit, die hoof-bestuurder van Novus Media.
“Ons bied nuus waarop jy kan staatmaak – nuus wat nie vals is nie, nuus wat saak maak, naby aan die huis, uiteenlopend en getrou aan ons reënboognasie en kultuur is,” sê Smit.
Lise Beyers, die nasionale digitale nuusredakteur vir Novus Media, is uiters opgewonde oor die bekendstelling van hierdie baanbrekende nuwe mediaplatform.
“Die unieke gemeenskapstemme van ons diverse land is vir heeltemal te lank nie gehoor nie. Daar is soveel stories wat in ons gemeenskappe versteek lê en nou sal NovaNews hierdie stories ’n unieke platform gee, tesame met die feit dat hulle ons lesers ingelig hou oor belang- rike nasionale en internasionale nuus,” sê Beyers.
“Hierdie baanbrekende digitale platform bring Novus Media se gemeenskapskoerante van reg oor Suid-Afrika op ’n unieke manier bymekaar en skep ’n ongekende media-ekostelsel wat die outentieke stem van plaaslike gemeenskappe bewaar
terwyl dit nasionale en internasionale nuusdekking naatloos integreer – wat beide hiper- plaaslike storievertelling en globale perspektief aan aansienlik uitgebreide gehore lewer op ’n manier wat geen ander digitale mediawebwerf bereik het nie.”
English version
Weslander’s parent company, Novus Media, officially launched the NovaNews.co.za website this week.
NovaNews is a comprehensive national news platform with contributions from Weslander, Weskus Nuus, and 19 other community newspaper editorial teams from across South Africa.
The digital news hub delivers trusted and in-depth journalism in Afrikaans and English nationwide – all without paywalls or hidden fees.
The new platform provides users with easy access through any web browser, offering the option to add an icon to their mobile homepage for instant access to breaking news, community updates, and national and international coverage.
What makes the platform unique?
The answer – the hyper-local content from the 21 Novus Media community titles in the West Coast, the Boland, the Western Cape, the Eastern Cape, the Northern Cape and the Free State.
The community newspaper websites will maintain their commitment to giving a voice to local communities while reaching significantly larger audiences with expanded news coverage.
“NovaNews.co.za is a one-stop destination for trusted journalism, covering everything from breaking news and hyper-local community stories, lifestyle, schools and sports news. The platform emphasises its commitment to authentic, trustworthy news that matters both locally and nationally,” says Esmé Smit, the CEO of Novus Media.
“We offer news you can rely on – news that is not fake, news that matters, close to home, diverse and true to our rainbow nation and culture,” says Smit.
Lise Beyers, the national digital news editor for Novus Media, is extremely excited about the launch of this groundbreaking new media platform.
“The unique community voices of our diverse country have gone unheard for far too long. There are so many stories hidden in our communities, and now NovaNews will give these stories a unique platform, while keeping our readers informed about important national and international news,” says Beyers.
“This groundbreaking digital platform uniquely brings together Novus Media’s community newspapers from across South Africa, creating an unprecedented media ecosystem that preserves the authentic voice of local communities
while seamlessly integrating national and international news coverage – delivering both hyper-local storytelling and global perspective to vastly expanded audiences in a way that no other digital media website has achieved.”
Competition details are on the website and associated social media channels.


