Lekker lag Dian Smith met dié getoutrekkery. Foto’s Sonja Kruger

NGK Akkerdyk se pretdag groot treffer


Op Saterdag 28 Februarie het die NG kerk Akkerdyk sy jaarlikse pretdag op die Laerskool Vredenburg se sportterrein aangebied.

Daar was genoeg pret vir die hele gesin, met speletjies soos eiergooi-vang, toutrek, sakresies en selfs skuimende waterspele.

Die dag se hoogtepunt was die kleurvolle colour run, wat groot opwinding onder jonk en oud veroorsaak het.

Daarbenewens het gelukstrekkings ekstra vreugde aan feesgangers gebring.

‘n Suksesvolle dag vol lag, kleur en samehorigheid is deur almal waardeer.

Pieter Laubscher snak na sy asem vir dié koue water.
Net pret. Dis al wat Emily Engelbrecht van die lekker gesinsdag gaan onthou.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article