Op Saterdag 28 Februarie het die NG kerk Akkerdyk sy jaarlikse pretdag op die Laerskool Vredenburg se sportterrein aangebied.
Daar was genoeg pret vir die hele gesin, met speletjies soos eiergooi-vang, toutrek, sakresies en selfs skuimende waterspele.
Die dag se hoogtepunt was die kleurvolle colour run, wat groot opwinding onder jonk en oud veroorsaak het.
Daarbenewens het gelukstrekkings ekstra vreugde aan feesgangers gebring.
‘n Suksesvolle dag vol lag, kleur en samehorigheid is deur almal waardeer.






